Back to Africa Check

Ignoreer anti-entstofboodskappe – Covid19-entstowwe is nié die eerste wat in meervoudige dosisse toegedien word nie, en ander onwaarhede

Read this report in English.

’n Facebook-inskrywing in Afrikaans wat wyd in Suid-Afrika gedeel en gekopieer is impliseer dat entstowwe teen Covid-19, waarvan sommige in meer as een dosis toegedien word, nie “regte” entstowwe is nie.

Dit sê: “Met alle vorige ware (egte) vaksiene (masels, pokke, TB, polio, pampoentjies, waterpokkies, meningitis) was ek slegs eenmaal ingeënt en klaar. Geen tweede of derde spuite nie.”

Maar dit is nie waar nie en die inskrywing maak verskeie ander verkeerde bewerings oor Covid 19-entstowwe. 

Vax

Baie entstowwe vereis meervoudige inspuitings, insluitend vir die siektes wat genoem word

Alhoewel die Facebook-inskrywing verskeie entstowwe noem wat dit beweer geen tweede of derde inspuitings nodig het nie, word verskeie van daardie entstowwe juis gewoonlik in meer dosisse toegedien.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) moedig aan dat kinders twee dosisse van die maselsentstof ontvang “om immuniteit te verseker en uitbrake te voorkom, omdat omtrent 15% van ingeënte kinders nie immuniteit ontwikkel ná die eerste dosis nie.

Die VSA se Centers for Disease Control (CDC) beveel ’n skedule van vier dosisse van die polio-entstof vir kinders aan. Dit beveel ook aan dat “volwassenes wat ’n groter risiko loop om aan die poliovirus blootgestel te word” een keer in hul leeftyd ’n versterkingsdosis van die entstof kry, selfs al is hulle al ten volle ingeënt as kinders.

Die CDC beveel ook twee dosisse van die waterpokkies-entstof vir alle mense aan, met verskillende skedules afhangend van hul ouderdom, selfs al is hulle al aan die virus blootgestel.

Sommige van die beskikbare Covid 19-entstowwe (maar nie almal nie) benodig wel meer inspuitings, maar dit is nie uniek of ongewoon nie.

Covid-entstowwe is goedgekeur vir gebruik, nie ‘eksperimenteel’ nie

Die misleidende Facebook-inskrywing beweer ook die Covid 19-inenting “is nog in sy eksperimentele fase” en “sal eers twee jaar (of langer) van nou af klaar wees met kliniese proewe en die laboratorium fase”.

Dit is nie die eerste keer dat daar beweer word dat die entstowwe teen Covid-19 “eksperimenteel” is of nog nie veilig bewys is nie. Maar om goedgekeur te word vir openbare gebruik, moet entstowwe en ander geneesmiddels ’n streng goedkeuringsproses in alle lande ondergaan, en dit is ook waar in die geval van die Covid 19-entstowwe.

Africa Check het feitestate gepubliseer oor hoe entstowwe in Suid-Afrika, Nigerië en Kenia goedgekeur word.

Al die entstowwe wat goedgekeur is vir gebruik om Covid-19 te voorkom is veilig en effektief bevind in grootskaalse kliniese studies.

Entstowwe verlaag risiko om Covid op te doen of daaraan te sterf

Die Facebook-inskrywing beweer ook die entstof “doen eintlik alle ander skadelike dinge, BEHALWE die EEN ding wat dit veronderstel is om te doen: om mense teen die virus te immuniseer”.

Dit is ook onwaar. Nie net het kliniese studies gewys dat entstowwe effektief is nie, maar soos meer lande groot gedeeltes van hulle bevolkings inent, is daar toenemend oorweldigende bewyse dat entstowwe die risiko verlaag om Covid-19 te kry of daaraan te sterf.

In twee studies wat uitgevoer is in Israel, waar ’n groot gedeelte van die bevolking relatief vinnig ingeënt is, is daar bevind Pfizer-BioNTech se Covid 19-entstof het die kanse om Covid-19 op te doen of daaraan te sterf radikaal verminder.

Die eerste studie, wat in April 2021 in die New England Journal of Medicine verskyn het, het twee groepe van amper 600,000 mense bestudeer, een groep het die entstof ontvang en die ander het nie. Dit het bevestig dat die entstof effektief simptomatiese Covid-19, sterftes en ’n aantal ander uitkomste voorkom het – ’n bevestiging van die resultate van kliniese studies.

Die tweede studie, wat in Mei 2012 in die Lancet verskyn het, het tot die gevolgtrekking gekom dat die entstof “hoogs effektief is oor alle ouderdomsgroepe […] om simptomatiese en asimptomatiese SARS-CoV-2-infeksies en Covid 19-verwante hospitalisasies, ernstige siektes en sterftes te voorkom”.

’n Oorsig in Augustus 2021 oor verskeie groot regtelewe-studies, het die effektiwiteit van drie Covid 19-inentings in vyf lande geanaliseer. Die oorsig het onder meer bevind: “Van grootste belang is dat dit lyk of die tans beskikbare Covid 19-entstowwe uiters effektief is om ernstige komplikasies en sterftes aan Covid-19 in volwassenes van alle ouderdomme te voorkom.

Daar is geen bewyse vir die misleidende bewerings wat in hierdie Facebook-inskrywing gemaak word nie. Maar daar is heelwat oortuigende bewyse dat die beskikbare entstowwe teen Covid-19, of dit nou in een of twee dosisse toegedien word, die verspreiding van die siekte en sterftes as gevolg daarvan voorkom.

Vertaling deur Janita Low.

Republish our content for free

Please complete this form to receive the HTML sharing code.

For publishers: what to do if your post is rated false

A fact-checker has rated your Facebook or Instagram post as “false”, “altered”, “partly false” or “missing context”. This could have serious consequences. What do you do?

Click on our guide for the steps you should follow.

Publishers guide

Africa Check teams up with Facebook

Africa Check is a partner in Meta's third-party fact-checking programme to help stop the spread of false information on social media.

The content we rate as “false” will be downgraded on Facebook and Instagram. This means fewer people will see it.

You can also help identify false information on Facebook. This guide explains how.

Add new comment

Restricted HTML

  • Allowed HTML tags: <a href hreflang> <em> <strong> <cite> <blockquote cite> <code> <ul type> <ol start type> <li> <dl> <dt> <dd> <h2 id> <h3 id> <h4 id> <h5 id> <h6 id>
  • Lines and paragraphs break automatically.
  • Web page addresses and email addresses turn into links automatically.
limit: 600 characters

Want to keep reading our fact-checks?

We will never charge you for verified, reliable information. Help us keep it that way by supporting our work.

Become a newsletter subscriber

Support independent fact-checking in Africa.