Back to Africa Check

Nee, AstraZeneca-entstof nie gemaak in jaar voor Covid-19 verskyn het nie

Read this report in English.

“Ok so it’s Covid 19 but the vaccines were made a year before ‘discovering’ it. I keep smelling shit but my shoe soles are clean,” lui die teks by ’n illustrasie wat meer as 12,000 keer op Facebook gedeel is.

Die Suid-Afrikaner wat die illustrasie gedeel het, het in Afrikaans daarop geantwoord in sy onderskrif: “Ruik julle dit ook? Dit is beslis nie my skoensole nie.”

Die illustrasie lyk soos ’n skermskoot van ’n Facebook-inskrywing met ’n Poolse onderskrif, wat die verpakking van ’n AstraZeneca-Covid 19-entstof wys. ’n Pienk pyl wys na die datum “2018.07.15” wat op die boks gestempel is. 

Covid 19-entstowwe deur AstraZeneca, Pfizer en Johnson & Johnson het goedkeuring ontvang van die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad, of Sahpra, vir gebruik in Suid-Afrika. 

Aanvanklik het die Suid-Afrikaanse regering besluit om nie die AstraZeneca-inenting te gebruik nie omdat dit glo minder effektief is teen die Beta-variant van Covid-19 wat in daardie stadium besig was om in Suid-Afrika te versprei. 

Op 30 Julie 2021 het adjunkminister van gesondheid, Joe Phaahla, gesê dat hulle besig is om dit te heroorweeg omdat nuwe navorsing gewys het die entstof is meer as 70% effektief teen die Delta-variant. Maar die entstof is nog nie in Suid-Afrika gebruik nie.

Bewys die illustrasie wat op sosiale media gedeel is dat die AstraZeneca-Covid 19-entstof in werklikheid in 2018 vervaardig is? Ons het gekontroleer.

Vaccine_Date

Datum is na die tyd op die illustrasie ingevoeg

“Die foto lyk vir my na ’n swak photoshop edit,” het een persoon kommentaar gelewer op die illustrasie.

Hulle het uitgewys dat die teks van die datumstempel donkerder en helderder is as die teks op die regterflap van die verpakking. En hierdie sosialemedia-gebruiker het hul feitetoets-huiswerk gedoen.

Ons het gevind dat die oorspronklike foto op 12 November 2020 op Facebook geplaas is, amper agt maande voor die weergawe met die datumstempel gedeel is. 

Die beeld is presies dieselfde, ook die nommer 108438/3 wat op die boks gedruk is. Die enigste verskil is dat dit nie die swak bygevoegde datumstempel bevat nie.

Reuters het soortgelyke bewering vals bewys 

Die oorspronklike foto is op Facebook geplaas met ’n bewering dat “’n werknemer wat werk in ’n maatskappy wat verpakking vir medikasie vervaardig” sê dat die bestelling en vervaardiging van die entstof se verpakking “ten minste vier maande terug” begin het. 

“So die produksie van verpakking met die samestelling van die entstof op het begin voor die aankondiging dat die entstof reeds ontwikkel is,” het die bewering gesê.

Op 26 Oktober 2020 het AstraZeneca aangekondig dat “hul eksperimentele Covid 19-entstof ’n immuunreaksie in jong en ou volwassenes veroorsaak”. Nuusagentskap Reuters het gesê dat dit dalk die aankondiging was waarna die vroeër Facebook-inskrywing na verwys het.

Die AstraZeneca-entstof is amper sewe maande voor die Facebook-inskrywing die eerste keer aan menslike vrywilligers toegedien. Die verwysing na verpakking wat meer as vier maande voor dit bestel is verskaf dus geen bewyse dat die maatskappy vroegtydig oor die pandemie gewaarsku is nie.

Catalent verskaf verpakking vir die AstraZeneca-entstof. Chris Halling, die direkteur van wêreldwye kommunikasie en bemarking by Catalent, het aan Reuters gesê dat hulle nie normaalweg medikasie wat nog nie goedgekeur is nie se verpakking begin vervaardig nie. 

Maar omdat dit nodig was om die entstowwe vinnig beskikbaar te maak, het hulle met hul kliënte saamgewerk “om blitsig enorme volumes dosisse te verskaf indien hul Covid 19-entstof of -terapie suksesvol sou wees in kliniese proefnemings”.

Daar is niks verdag aan die oorspronklike illustrasie nie en ook nie aan die weergawe wat digitaal gemanipuleer is nie.

Vertaling deur Janita Low.

Republish our content for free

We believe that everyone needs the facts.

You can republish the text of this article free of charge, both online and in print. However, we ask that you pay attention to these simple guidelines. In a nutshell:

1. Do not include images, as in most cases we do not own the copyright.

2. Please do not edit the article.

3. Make sure you credit "Africa Check" in the byline and don't forget to mention that the article was originally published on africacheck.org.

For publishers: what to do if your post is rated false

A fact-checker has rated your Facebook or Instagram post as “false”, “altered”, “partly false” or “missing context”. This could have serious consequences. What do you do?

Click on our guide for the steps you should follow.

Publishers guide

Africa Check teams up with Facebook

Africa Check is a partner in Meta's third-party fact-checking programme to help stop the spread of false information on social media.

The content we rate as “false” will be downgraded on Facebook and Instagram. This means fewer people will see it.

You can also help identify false information on Facebook. This guide explains how.

Add new comment

Restricted HTML

  • Allowed HTML tags: <a href hreflang> <em> <strong> <cite> <blockquote cite> <code> <ul type> <ol start type> <li> <dl> <dt> <dd> <h2 id> <h3 id> <h4 id> <h5 id> <h6 id>
  • Lines and paragraphs break automatically.
  • Web page addresses and email addresses turn into links automatically.
limit: 600 characters

Want to keep reading our fact-checks?

We will never charge you for verified, reliable information. Help us keep it that way by supporting our work.

Become a newsletter subscriber

Support independent fact-checking in Africa.