Back to Africa Check

Nee, jy hoef nie vir twee weke te ‘isoleer’ na Covid-inenting om ander te beskerm van ‘vaccine shedding’ nie

Read this report in English.

“As jy ingeënt is teen covid 19 is jy veronderstel om v 2 weke te issoleer om ander te beskerm. Niemand vertel jou dit!” word beweer in ’n Facebook-inskrywing wat in Suid-Afrika geplaas is. ’n Apteker genaamd Gerda Visagie word as bron van die inligting genoem.

Die lang opmerking by die inskrywing bevat ’n skakel na ’n radio-onderhoud met Visagie. Dit bevat ook ’n skakel na ’n onderhoud met “die neurochirurg Dr Herman Edeling wat o.a. praat oor ‘vaccine shedding’ en 2 weke issolasie”.

Beteken “vaccine shedding”, of entstof-afskeiding, werklik dat jy vir twee weke moet isoleer na jy die inenting gekry het om ander te beskerm van infeksie?

2weeks

Hou vol met Covid 19-veiligheidsmaatreëls vir twee weke ná inenting

Dit neem gewoonlik twee weke voor ’n Covid-entstof effektief word.

Entstowwe werk nie onmiddellik nie. Soos die entstof-alliansie Gavi verduidelik: “Entstowwe leer die immuunstelsel om ’n spesifieke virus of bakterieë te bespeur deur dit ’n skadelose weergawe van die patogeen te wys.” Die liggaam se immuunstelsel leer om die kiem te bespeur en bou immuniteit daarteen op.

Covid 19-entstowwe verskaf tipies ’n stukkie van die Sars-CoV-2-virus, of ’n deel van die genetiese materiaal van die virus, wat die liggaam dan gebruik om ’n stukkie van die virus te bou.

Omdat dit ’n ruk neem om immuniteit te ontwikkel, word daar aanbeveel dat mense nie onmiddellik ná die inenting ophou om voorsorgmaatreëls teen Covid-19 te volg nie.

Die United Nations Children's Fund (Unicef) beveel aan dat mense “geduldig is” ná die inenting. Die tydperk voor ’n persoon as “ten volle ingeënt” beskou kan word is ongeveer twee weke, alhoewel dit effens verskil afhangende van die entstof. Maar mense word nie vereis om tydens dié twee weke te isoleer nie.

Die inligting is wyd beskikbaar – dit is nie iets wat “niemand jou vertel” nie.

Toe dié artikel geskryf is, het die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se amptelike Covid 19-webblad aanbeveel dat “selfs ná jy ten volle ingeënt is teen Covid-19, jy moet aanhou om voorsorg te tref in openbare plekke, soos om ’n masker te dra, 1.5 meter ver van ander te bly, skares en plekke met swak ventilasie te vermy en jou hande dikwels te was”.

Dit beveel of vereis nie dat jy moet isoleer nie.

Geen ‘vaccine shedding’ van Covid 19-entstowwe nie

Daar is ’n algemene mite oor Covid 19-entstowwe dat mense wat ingeënt word met die siekte geïnfekteer kan word en dat individue wat nie ingeënt is nie kan aansteek as hulle kontak met ingeënte mense het. Die mite staan bekend as “vaccine shedding” of entstof-afskeiding.

Dit is onwaar. Die mite is al herhaaldelik vals bewys deur feitekontrole-organisasies en spesialiste.

“Entstof-afskeiding kan slegs plaasvind wanneer ’n entstof ’n verswakte weergawe van die virus bevat,” sê die VSA se Centers for Disease Control. Dit beteken die virus lewe nog.

Dr Peter Wark, ’n spesialis in respiratoriese geneeskunde by Australië se John Hunter-hospitaal in Newcastle en die verbonde professor by die universiteit van Newcastle, het in The Conversation bevestig dat entstowwe wat “lewende, verswakte” virusse bevat in rare gevalle infeksie kan veroorsaak.

Maar Wark verduidelik dat geen entstowwe teen Covid-19 ’n lewende virus gebruik nie, nie eens ’n verswakte een nie. Hulle bevat of ’n enkele proteïen van die virus – die stekelproteïen – of genetiese instruksies wat jou liggaam toelaat om daardie proteïen te bou. Dié entstowwe is onderskeidelik as virale vektor- en bRNS-entstowwe bekend.

Stekelproteïen kan nie ‘entstof-afskeiding’ veroorsaak nie

Die radio-onderhoude waarna die Facebook-inskrywing verwys verdraai die “entstof-afskeiding”-mite nog verder.

Africa Check het al voorheen sommige van Edeling se bewerings oor Covid 19-entstowwe vals bewys.

In Visagie se onderhoud praat sy oor ’n ongenoemde dokter wat glo aan sy pasiënte gesê het hulle “moenie die spreekkamer besoek binne die eerste 14 dae nadat jy gevaksineer is nie omdat hy sy ander pasiënte wil beskerm teen die sogenaamde ‘shedding’”.

Visagie gaan voort om te beweer dat dié afskeiding veroorsaak word deur die stekelproteïene van Sars-CoV-2, die koronavirus wat Covid-19 veroorsaak. Dié proteïene is die stekelrige strukture aan die buitekant van die virus wat dit die kenmerkende kroonvorm en naam gee. “Corona” is Latyns vir “kroon”.

Maar die stekelproteïen kan nie Covid-19 op sy eie veroorsaak nie.

Soos een entstof-deskundige aan die feitekontrole-organisasie Full Fact gesê het: “Ek kan nie aan enige biologies geloofwaardige meganisme dink wat tot die afskeiding van komponente van enige van die gelisensieerde Covid 19-entstowwe ná immunisasie sou lei nie.”

Vertaling deur Janita Low.

Republish our content for free

We believe that everyone needs the facts.

You can republish the text of this article free of charge, both online and in print. However, we ask that you pay attention to these simple guidelines. In a nutshell:

1. Do not include images, as in most cases we do not own the copyright.

2. Please do not edit the article.

3. Make sure you credit "Africa Check" in the byline and don't forget to mention that the article was originally published on africacheck.org.

For publishers: what to do if your post is rated false

A fact-checker has rated your Facebook or Instagram post as “false”, “altered”, “partly false” or “missing context”. This could have serious consequences. What do you do?

Click on our guide for the steps you should follow.

Publishers guide

Africa Check teams up with Facebook

Africa Check is a partner in Meta's third-party fact-checking programme to help stop the spread of false information on social media.

The content we rate as “false” will be downgraded on Facebook and Instagram. This means fewer people will see it.

You can also help identify false information on Facebook. This guide explains how.

Add new comment

Restricted HTML

  • Allowed HTML tags: <a href hreflang> <em> <strong> <cite> <blockquote cite> <code> <ul type> <ol start type> <li> <dl> <dt> <dd> <h2 id> <h3 id> <h4 id> <h5 id> <h6 id>
  • Lines and paragraphs break automatically.
  • Web page addresses and email addresses turn into links automatically.
limit: 600 characters

Want to keep reading our fact-checks?

We will never charge you for verified, reliable information. Help us keep it that way by supporting our work.

Become a newsletter subscriber

Support independent fact-checking in Africa.