Back to Africa Check

Nee, personeel by baie entstofondernemings en US federale agentskappe MOET Covid-inenting kry

Read this report in English.

“Lys werkgewers wat NIE vereis dat hul werknemers ingeënt word nie,” lui die teks by ’n illustrasie wat meer as 13,000 keer op Facebook in Suid-Afrika gedeel is. 

Die Withuis, die amptelike woning van die president van die VSA, is bo aan die lys van sewe organisasies. Dit word gevolg deur drie belangrike gesondheidsorganisasies: die VSA se Centers for Disease Control (CDC) en Food and Drug Administration (FDA), sowel as die Wêreldgesondheidsorganisasie, of WGO.

Pfizer, Moderna en Johnson & Johnson, drie maatskappye wat Covid 19-entstowwe ontwikkel het, word ook genoem.

“Interesting, veral in die lig daarvan dat sekere SA maatskapye al reeds die jab verpligtend wil maak, nog voor dit wet is...!?” lui die onderskrif by die illustrasie.

In Junie 2021 het Suid-Afrika se minister van arbeid, Thulas Nxesi, ’n “driestap-ondersoek” uitgelê wat werknemers moet volg wanneer hulle oorweeg om inentings verpligtend vir werknemers te maak. 

Omtrent ’n maand later, op 18 Augustus, het Suid-Afrika se onafhanklike Curro-skoolnetwerk aangekondig dat alle personeel teen die einde van 2021 ingeënt moet wees.

En in ’n stap wat as “dapper” beskryf word, het Discovery, die land se reuse-versekerings- en finansieringsmaatskappy, Curro se voorbeeld gevolg deur te hulle sal begin vereis dat personeel teen vroeg 2022 ingeënt moet wees.

Debatte duur voort oor of verpligte werknemer-inentings eties en wettig is. Maar baie lande het dit ’n vereiste gemaak, veral vir gesondheidsorgwerkers en persone met ’n hoë risiko om ernstig siek te word of te sterf van Covid-19.

Word inenting werklik nie vereis van werknemers by die sewe organisasies wat in die beeld gelys word nie? Ons het gaan uitvind.

employers_partlyfalse

VSA se federale werknemers moet inent

Toe die Facebook-inskrywing op 2 September 2021 in Suid-Afrika gedeel is, was inentings nie verpligtend vir die VSA se federale werknemers nie. Dit sluit die Withuis, die CDC en die FDA in – almal federale organisasies.

Op 29 Julie het president Joe Biden van die VSA gesê dat alle federale werknemers en federale kontrakteurs “hulle inentingstatus sal moet verklaar”. 

Dié wat nie ingeënt is nie sal verplig word om te alle tye ’n masker te dra, een of twee keer ’n week vir Covid getoets te word en fisieke distansiëring te beoefen en hulle sal nie toegelaat word om vir werk te reis nie. 

Maar op 9 September het Biden twee uitvoerende bevele geteken wat opdrag gee dat alle federale werknemers en kontrakteurs ingeënt moet word. 

“Ons was geduldig, maar ons geduld raak min, en jul weiering kom ten koste van ons almal,” het hy in ’n aankondiging op televisie gesê.

Biden is self reeds ten volle ingeënt

WGO se personeel nie verplig om inenting te kry nie

WGO-werknemers hoef nie ingeënt te wees nie. In ’n beleidskrif wat in April 2021 versprei is, sê die organisasie dat dit nie verpligte inentings vir personeel ondersteun of teenstaan nie.

“Regerings en/of beleidmakers by instellings moet argumente gebruik om vrywillige inenting teen Covid-19 aan te moedig voor verpligte inenting oorweeg word,” lui die beleidskrif.

“Strenger regulerende maatreëls moet slegs oorweeg word indien dié metodes nie suksesvol is nie.”

Entstofmaatskappye verplig inentings vir werknemers

In ’n verklaring aan die Amerikaanse nuusagentskap CNBC, sê Pfizer al hulle werknemers en kontrakteurs in die VSA moet ingeënt wees of weekliks getoets word. Die maatskappy het ook hul internasionale takke aangemoedig om dieselfde te doen.

Moderna het volgens ’n persverklaring opdrag gegee dat alle VSA-personeel teen 1 Oktober 2021 ingeënt moet wees.

USA Today, ’n media-organisasie in die VSA, het die feite gekontroleer in ’n soortgelyke Facebook-inskrywing wat oral oor  sosiale media in die VSA gedeel is. Johnson & Johnson se segspersoon Lisa Cannellos het aan USA Today gesê dat alle personeel teen 4 Oktober ten volle ingeënt moet wees. 

Maar al hierdie maatskappye het gesê dat personeel wat godsdienstige of mediese redes het om nie ingeënt te word nie, tegemoetgekom sal word.

Pfizer-BioNTech en Johnson & Johnson-entstowwe is albei goedgekeur deur die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra). Die owerheid het nie ’n aansoek van Moderna ontvang nie.

Wat van AstraZeneca, wat ook in Suid-Afrika goedgekeur is?

Die Oxford-AstraZeneca-entstof is ook goedgekeur deur Sahpra.

Die regering het aanvanklik besluit om nie die AstraZeneca-entstof te gebruik nie oor dit minder effektief teen die Beta-variant van Covid-19 is, wat in daardie stadium in die land aan die versprei was. 

Op 30 Julie 2021 het adjunkminister van gesondheid, Joe Phaahla, gesê dat hulle besig is om dit te heroorweeg omdat nuwe navorsing gewys het dit is effektief teen die Delta-variant. Maar die entstof is nog nie in Suid-Afrika gebruik nie.

Ons het in elk geval gaan ondersoek instel, in geval van toekomstige gebruik, en gevind dat werknemers van AstraZeneca in die VSA verplig is om ingeënt te word.

Republish our content for free

We believe that everyone needs the facts.

You can republish the text of this article free of charge, both online and in print. However, we ask that you pay attention to these simple guidelines. In a nutshell:

1. Do not include images, as in most cases we do not own the copyright.

2. Please do not edit the article.

3. Make sure you credit "Africa Check" in the byline and don't forget to mention that the article was originally published on africacheck.org.

For publishers: what to do if your post is rated false

A fact-checker has rated your Facebook or Instagram post as “false”, “altered”, “partly false” or “missing context”. This could have serious consequences. What do you do?

Click on our guide for the steps you should follow.

Publishers guide

Africa Check teams up with Facebook

Africa Check is a partner in Meta's third-party fact-checking programme to help stop the spread of false information on social media.

The content we rate as “false” will be downgraded on Facebook and Instagram. This means fewer people will see it.

You can also help identify false information on Facebook. This guide explains how.

Add new comment

Restricted HTML

  • Allowed HTML tags: <a href hreflang> <em> <strong> <cite> <blockquote cite> <code> <ul type> <ol start type> <li> <dl> <dt> <dd> <h2 id> <h3 id> <h4 id> <h5 id> <h6 id>
  • Lines and paragraphs break automatically.
  • Web page addresses and email addresses turn into links automatically.
limit: 600 characters

Want to keep reading our fact-checks?

We will never charge you for verified, reliable information. Help us keep it that way by supporting our work.

Become a newsletter subscriber

Support independent fact-checking in Africa.