Back to Africa Check

Vuil water in Suid-Afrika se Limpopo-provinsie ‘vandag’? Nee, foto is van VSA, en nege jaar oud

Read this report in English.

’n Foto van ’n wasbak vol bruin water is in April 2021 op Facebook geplaas met die bewering dat dit die kwaliteit van kraanwater in Polokwane, die hoofstad van Suid-Afrika se Limpopo-provinsie, wys. 

“So lyk Pietersburg/Polokwane se water weer vandag,” lui die onderskrif. Pietersburg is die ou naam vir Polokwane.

Die stad ervaar tans watertekorte as gevolg van swak infrastruktuur-onderhoud. Maar is die foto in April 2021 in Polokwane geneem? Ons het gaan vasstel.

Dirty_water_False

Besoedeling in San Diego, VSA

’n Omgekeerde beeldsoektog vir die foto wys dat dit al ten minste nege jaar aanlyn is. Dit het in April 2012 in ’n blog-inskrywing oor besoedeling in die Amerikaanse stad, San Diego verskyn. Die onderskrif lui: “Kraanwater gekontamineer met heksavalente chroom.”

Heksavalente chroom, ’n komponent van die metaalelement chroom, is giftig.

Die bestanddeel word gebruik vir elektroplatering, die vervaardiging van vlekvrye staal, leerlooiery, tekstielvervaardiging en houtpreservering. Dit kan water, grond en lug besoedel.

Die foto beeld nié die waterkwaliteit in Polokwane in 2021 uit nie.

For publishers: what to do if your post is rated false

A fact-checker has rated your Facebook or Instagram post as “false”. What should you do? First, don't delete!

Click on our guide for the steps you should follow.

Publishers guide

Africa Check teams up with Facebook

Africa Check is a partner in Facebook’s third-party fact-checking programme to help stop the spread of false information on social media.

The content we rate as “false” will be downgraded on Facebook and Instagram. This means fewer people will see it.

You can also help identify false information on Facebook. This guide explains how.

Add new comment

Restricted HTML

  • Allowed HTML tags: <a href hreflang> <em> <strong> <cite> <blockquote cite> <code> <ul type> <ol start type> <li> <dl> <dt> <dd> <h2 id> <h3 id> <h4 id> <h5 id> <h6 id>
  • Lines and paragraphs break automatically.
  • Web page addresses and email addresses turn into links automatically.
limit: 600 characters