Back to Africa Check

Is 75% van mense geïnfekteer met die Delta Covid-variant reeds ingeënt? Nee. Facebook-inskrywing verdraai CDC-studie

Read this report in English.

“Kan julle die teendeel bewys? CDC in VSA het bevind dat 75 persent van mense wat positief toets met Delta variant is reeds ten volle geent,” sê ’n inskrywing wat op 26 Augustus 2021 in Suid-Afrika op Facebook geplaas is. “Alie [al die] middels is ter sprake. Weet jy dit minister?”

Die boodskap lyk soos ’n skermskoot van ’n gesprek op sosiale media. “Minister” verwys heel moontlik na die minister aan die hoof van ’n Suid-Afrikaanse regeringsdepartement.

Die CDC is die Centers for Disease Control, die VSA-regeringsagentskap wat Amerika se reaksie op die Covid 19-pandemie lei.

Die hoogs aansteeklike Delta-variant van die Sars-Cov-2-koronavirus wat Covid-19 veroorsaak is die eerste keer in Desember 2020 in Indië geïdentifiseer. Dit is nou die dominante variant van die virus in baie lande, insluitend Suid-Afrika, Kenia en Nigerië, en die VSA.

Deurbraakinfeksies kom voor wanneer ’n persoon ’n siekte kry waarteen hulle reeds ingeënt is. Maar het die CDC gevind dat twee derdes van die mense in die VSA wat positief getoets het vir die Delta-variant reeds ten volle teen Covid-19 ingeënt is?

CDC

Somerfeesviering in Provincetown

Ná ’n uitgebreide aanlyn ondersoek het Africa Check gevind dat die enigste inligting wat vaagweg met dié bewering ooreenkom, ’n verslag van die CDC is – die Morbidity and Mortality Weekly Report – wat op 30 Julie gepubliseer is. Dit verskaf details oor ’n Covid-uitbraak van slegs 469 mense wat in ’n klein dorpie begin het in Massachusetts, ’n staat met omtrent 7 miljoen mense in die noordoostelike hoek van die VSA.

’n CNBC-nuusberig daaroor se opskrif is: “CDC-studie wys 74% van mense geïnfekteer in Massachusetts Covid-uitbraak was ten volle ingeënt.”

Die uitbraak, sê die CDC, het begin tydens “verskeie somergeleenthede en groot openbare byeenkomste” in ’n dorp in die Barnstable-distrik. Mediaberigte identifiseer die dorp as Provincetown, ’n gewilde toeristebestemming aan die noordelike punt van die Cape Cod-skiereiland aan die Atlantiese kus van die VSA.

“Mense met Covid-19 het gemeld dat hulle stampvol binnenshuise en buiteluggeleenthede bygewoon het in lokale wat kroeë, restaurante, gastehuise en huurhuise insluit,” sê die CDC in hulle verslag.

Die 469 mense wat deel was van die uitbraak was Massachusetts-inwoners wat in Provincetown gebly het of daarheen gereis het in die twee weke vanaf 3 tot 17 Julie. Uit die 469 mense wat aangesteek is, was 346 ten volle ingeënt. Dit is 74% van die totale aantal gevalle.

Die ingeënte mense het of twee dosisse van die Pfizer-BioNTech- of Moderna-entstof ontvang, of die enkele Johnson & Johnson-inspuiting. Dit is die Covid-entstowwe wat tans goedgekeur is vir gebruik in die VSA, maar nie al die Covid-inentings wat beskikbaar is, soos die Facebook-boodskap beweer nie. Die New York Times se koronavirus-entstofaanwyser identifiseer 13 entstowwe in vroeë of beperkte gebruik regoor die wêreld, en agt goedgekeur vir volle gebruik.

CDC-studie beveel maskers aan

Uit ’n steekproef van 133 pasiënte blyk dit dat die meeste mense wat in die uitbraak aangesteek is die Delta-variant gehad het. Covid 19-simptome het voorgekom in 274 van die ingeënte persone: die algemeenste was ’n hoes, hoofpyn, seerkeel, spierpyn en koors.

Vyf uit die 469 mense in die uitbraak is gehospitaliseer. Vier was ten volle ingeënt. Drie van die vyf – een nie ingeënt nie, twee ingeënt – het onderliggende mediese toestande gehad.

Geen sterftes is aangemeld nie.

Die CDC-studie het wye mediadekking in die VSA gekry, hoofsaaklik omdat dit gemaak het dat die agentskap hul raad oor die dra van maskers verander het.

Die studie se opsomming lui: “Regsgebiede sou uitgebreide voorkomingstrategië kon oorweeg, insluitend universele maskering in binnenshuise openbare omgewings, veral vir groot openbare byeenkomste wat reisigers insluit uit baie areas met verskillende vlakke van Sars-Cov-2-oordrag.”

Entstowwe voorkom siekte, hospitalisasie – en sterftes

Die VSA het in 2019 ’n geskatte bevolking van 328 miljoen mense gehad. ’n Klein studie van ’n Covid-uitbraak in ’n enkele dorpie, met ’n totaal van 469 pasiënte, verteenwoordig nie die hele land nie.

En geen entstof teen enige siekte is perfek nie. Covid-entstowwe voorkom wel dat mense die siekte kry. Boonop voorkom dit ook ernstige Covid-siekte, voorkom dat mense gehospitaliseer word, en voorkom dat hulle daaraan sterf.

Gavi, ’n organisasie gebaseer in Switzerland wat probeer om die koers van inentings in minder ontwikkelde lande te verhoog, verduidelik:

Wanneer groot getalle mense ingeënt word, en terwyl amper alle Covid 19-beperkings in sommige lande opgehef word, is dit onvermydelik dat ’n klein aantal ten volle ingeënte individue geïnfekteer sal word. ’n Selfs kleiner aantal sal ernstig siek word en sterf. Wat van belang is, is dat die risiko van ’n ernstige uitkoms drasties laer is vir diegene wat ten volle teen Covid-19 ingeënt is, in vergelyking met mense wat nog geen inentings gehad het nie.

In vroeg Augustus het CDC-data wat in die media gerapporteer is – insluitend die konserwatiewe Fox News – gewys dat meer as 164 miljoen mense in die VSA ten volle teen Covid-19 ingeënt is.

Picture
CDC DATA VIA FOX NEWS

Daarvan is slegs 0.0038% van die bevolking wat ingeënt is – 6,239 mense – met Covid gehospitaliseer. En slegs 0.00077% van dié wat ingeënt is – 1,263 mense – het gesterf aan die siekte.

Dit beteken dat slegs een uit omtrent 26,000 ingeënte persone gehospitaliseer is, en slegs een uit 130,000 gesterf het.

Op 23 Augustus het die CDC ’n verslag vrygestel wat begin met ’n reguit stelling. “Die slotsom: Covid 19-entstowwe beskerm mense teen ernstige siekte, insluitende siekte wat veroorsaak word deur Delta en ander variante wat in die VSA sirkuleer.”

Die Facebook-inskrywing gebruik ’n enkele studie van 469 mense om voor te gee dat alle mense in die VSA (’n land met honderde miljoene mense) wat positief toets vir die Delta Covid-variant ingeënt is. Dit is onwaar en doelbewus misleidend.

Vertaling deur Janita Low.

Republish our content for free

We believe that everyone needs the facts.

You can republish the text of this article free of charge, both online and in print. However, we ask that you pay attention to these simple guidelines. In a nutshell:

1. Do not include images, as in most cases we do not own the copyright.

2. Please do not edit the article.

3. Make sure you credit "Africa Check" in the byline and don't forget to mention that the article was originally published on africacheck.org.

For publishers: what to do if your post is rated false

A fact-checker has rated your Facebook or Instagram post as “false”, “altered”, “partly false” or “missing context”. This could have serious consequences. What do you do?

Click on our guide for the steps you should follow.

Publishers guide

Africa Check teams up with Facebook

Africa Check is a partner in Meta's third-party fact-checking programme to help stop the spread of false information on social media.

The content we rate as “false” will be downgraded on Facebook and Instagram. This means fewer people will see it.

You can also help identify false information on Facebook. This guide explains how.

Add new comment

Restricted HTML

  • Allowed HTML tags: <a href hreflang> <em> <strong> <cite> <blockquote cite> <code> <ul type> <ol start type> <li> <dl> <dt> <dd> <h2 id> <h3 id> <h4 id> <h5 id> <h6 id>
  • Lines and paragraphs break automatically.
  • Web page addresses and email addresses turn into links automatically.
limit: 600 characters

Want to keep reading our fact-checks?

We will never charge you for verified, reliable information. Help us keep it that way by supporting our work.

Become a newsletter subscriber

Support independent fact-checking in Africa.