Back to Africa Check

Covid bRNS-‘entstowwe’ is inderdaad entstowwe – onverantwoordelike verslaggewing deur Suid-Afrikaanse koerant kan skade doen

Read this report in English.

“Doktor spreek in ope brief kommer uit oor entstowwe,” lui die opskrif van ’n koerantknipsel uit Rapport, ’n Suid-Afrikaanse koerant, wat op Facebook geplaas is.

Die artikel het op 22 August 2021 in Rapport verskyn. Dit bespreek ’n ope brief wat die neurochirurg dr Herman Edeling in Engels aan president Cyril Ramaphosa geskryf het, waarin hy Covid 19-entstowwe wat in Suid-Afrika goedgekeur is teenstaan.

“Edeling plaas die woord entstowwe in aanhalingstekens,” sê die artikel. “Hy het aan Rapport gesê dis nie (tradisionele) entstowwe nie, want dit word nie soos tradisionele entstowwe van verswakte of dooie virusselle gemaak nie.”

In sy ope brief sê Edeling iets soortgelyks: “Die eksperimentele koronavirus-bRNS-‘entstowwe’ verskil van tradisionele entstowwe (verswakte of dooie bakterieë of virusse) wat die wêreld leer ken en vertrou het.”

Hy voeg by: “Dis dus logies dat, deur hulle ‘entstowwe’ te noem eerder as eksperimentele genetiese intervensies, mense instinktief hul veiligheid en effektiwiteit assosieer met die tradisionele entstowwe wat hulle leer ken en vertrou het.”

Rapport haal Edeling se bewerings aan sonder enige kommentaar oor hul akkuraatheid.

Is bRNS-Covid-entstowwe “eksperimentele genetiese intervensies” en nie “tradisionele entstowwe” nie?

Brief_Misleading

Geskiedenis van entstowwe sal bRNS-entstowwe insluit

Ons moet eers verstaan wat entstowwe is.

Entstowwe het ’n lang geskiedenis wat meer as 1,000 jaar terug strek. ’n Entstof is basies ’n stof wat die liggaam se immuunstelsel stimuleer om ’n siekte te beveg.

Vroeë entstowwe het volgens berig ingesluit om slanggif te drink om immuniteit teen slangbyt te verkry. Daar is ook verslae oor ’n Chinese keiser in die laat 1600’s wat sy kinders teen pokke ingeënt het deur pokke-rofies fyn te maal en die poeier in die kinders se neuse in te blaas. In die laat 1700’s is daar bevind mense wat met beespokke – ’n beessiekte – geïnfekteer is het immuniteit opgebou teen pokke, ’n mensesiekte.

Vandag het ons entstowwe teen cholera, difterie, masels, meningitis, pampoentjies, polio, hondsdolheid en nog vele ander siektes. Dié entstowwe gebruik ’n verswakte vorm van die virusse of bakterieë wat die siekte veroorsaak om die immuunstelsel bewus van die siekte te maak en dit te leer hoe om die siekte te beveg.

Boodskapper-RNS-entstowwe doen dieselfde ding. Hulle gebruik net ’n nuwe tegnologie om die immuunstelsel te stimuleer.

“Die bRNS-entstowwe leer ons selle hoe om ’n proteïen te maak – of selfs net ’n stuk van ’n proteïen – wat ’n immuunreaksie in ons liggame ontlok,” sê die VSA se Centers for Disease Control (CDC).

“Die voordeel van bRNS-entstowwe, soos by alle entstowwe, is dat diegene wat ingeënt is beskerming verkry sonder die risiko van ernstige nagevolge van ’n Covid 19-infeksie.”

Woordeboekdefinisies volg die wetenskap

In sy ope brief beweer Edeling dat “die definisie van die woord ‘entstof’, soos dit nog altyd bekend was, is onlangs verander om die eksperimentele koronavirus-bRNS-inspuitings in te sluit (sien Merriam-Webster)”. Dit is misleidend.

Die Merriam-Webster-definisie van ‘entstof’ is sedert Januarie 2021 opgedateer om bRNS-entstowwe eksplisiet te noem. Dit is nie deel van ’n samesweringsteorie nie. Dit is taal wat byhou by die wetenskap.

Definisies wat bRNS-entstowwe omskryf is al baie jare in gebruik.

Die CDC het reeds in Maart 2014 – sewe jaar gelede – ’n entstof gedefinieer as ’n “produk wat ’n persoon se immuunstelsel stimuleer om immuniteit teen ’n spesifieke siekte te ontwikkel”.

Africa Check het verskeie vals bewerings dat bRNS-entstowwe menslike genetiese materiaal beskadig of selfs verander verkeerd bewys. Heelwat van dié verwarring ontstaan omdat bRNS-entstowwe nuwe tegnologie gebruik. Maar dit beteken nie dat bRNS-entstowwe onveilig is – of nie entstowwe is nie.

Edeling se brief eggo meer uiterste bewerings dat bRNS-entstowwe nie entstowwe is nie maar bedoel is om menslike gene te verander of ’n ander duistere effek te hê. Dié bewerings is herhaaldelik vals bewys deur Africa Check sowel as ander feitekontrole en openbare gesondheidsorganisasies.

Streng goedkeuringsprosesse vir Covid-entstowwe

Alle entstowwe teen Covid-19, insluitend bRNS-entstowwe, het deur streng prosesse gegaan voor hulle goedgekeur is vir openbare gebruik. (Sien Africa Check se feitestate oor hoe geneesmiddels en entstowwe goedgekeur word vir gebruik in Suid-Afrika, Nigerië en Kenia.)

Die prosesse sluit grootskaalse kliniese proewe in om die veiligheid en effektiwiteit te bepaal. Dit word gevolg deur voortgesette monitering ná die produk goedgekeur is vir openbare gebruik.

Byvoorbeeld, fase drie-kliniese proewe van Moderna se bRNS-Covid-entstof het meer as 30,000 deelnemers betrek. Slegs 1% van mense wat die entstof ontvang het, het ’n ernstige nadelige gebeurtenis gerapporteer. Maar 1% van die mense in die kontrolegroep, wat net ’n placebo ontvang het, het ook ’n ernstige nadelige gebeurtenis gerapporteer. Dit dui aan dat daar geen skakel tussen nadelige gebeurtenisse en die entstof is nie.

Onverantwoordelike verslaggewing verskaf geloofwaardigheid aan skadelike bewerings

“Onder diegene wat die brief per e-pos onderskryf, is ’n voedingskundige, internis, tandarts en twee algemene mediese praktisyns,” sê die Rapport-knipsel.

Rapport haal dan ’n verklaring aan deur die Mediese Vereniging van Suid-Afrika, wat sê dat hulle Covid-entstowwe ondersteun. Dit los ’n kerngedeelte van Sama se verklaring uit: dat die vereniging nie lede sal ondersteun wat vals inligting oor entstowwe versprei nie.

“Die Mediese Vereniging van Suid-Afrika (Sama) ondersteun onomwonde die noodsaaklikheid van inentings in die openbare gesondheidsrespons teen die Covid 19-pandemie en beaam die belangrikheid van wetenskaplike integriteit, deursigtigheid en openbare vertroue in Covid 19-entstowwe,” lui die verklaring

“Sama herhaal dat Covid-19 ’n aansienlike mediese en openbare gesondheidsrisiko inhou, en merk met diep kommer die verspreiding van vals inligting oor Covid 19-entstowwe deur individue in die mediese gemeenskap. Mediese beroepsmense wat vals inligting oor Covid 19-inenting versprei kan mense ontmoedig om ingeënt te word, wat tot voorkombare lewensverlies kan lei.” 

Dit voeg by: “Sama sal geen van hul lede ondersteun wat vals inligting oor Covid 19-entstowwe versprei nie.”

Rapport sluit geen kommentaar deur mediese of gesondheidsowerhede in wat maklik sou kon bevestig dat entstowwe teen Covid-19 inderdaad entstowwe is nie – geen aanhalingstekens benodig nie. Hierdie kenners sou ook kon bevestig dat Covid-entstowwe deur kliniese proewe gegaan het en veilig en effektief bevind is.

Die berig gee onnodige belang aan Edeling se bewerings en bied dit as meer betroubaar aan as wat dit is.

Vertaling deur Janita Low.

Republish our content for free

Please complete this form to receive the HTML sharing code.

For publishers: what to do if your post is rated false

A fact-checker has rated your Facebook or Instagram post as “false”, “altered”, “partly false” or “missing context”. This could have serious consequences. What do you do?

Click on our guide for the steps you should follow.

Publishers guide

Africa Check teams up with Facebook

Africa Check is a partner in Meta's third-party fact-checking programme to help stop the spread of false information on social media.

The content we rate as “false” will be downgraded on Facebook and Instagram. This means fewer people will see it.

You can also help identify false information on Facebook. This guide explains how.

Add new comment

Restricted HTML

  • Allowed HTML tags: <a href hreflang> <em> <strong> <cite> <blockquote cite> <code> <ul type> <ol start type> <li> <dl> <dt> <dd> <h2 id> <h3 id> <h4 id> <h5 id> <h6 id>
  • Lines and paragraphs break automatically.
  • Web page addresses and email addresses turn into links automatically.
limit: 600 characters

Want to keep reading our fact-checks?

We will never charge you for verified, reliable information. Help us keep it that way by supporting our work.

Become a newsletter subscriber

Support independent fact-checking in Africa.