Back to Africa Check

Nee, om stoom in te asem voorkom (steeds) nie Covid-19 nie

Read this report in English.

Africa Check het al verskeie kere die bewering vals bewys dat jy Covid-19 kan voorkom deur warm stoom, soms die stoom van kokende vrugte en groente, in te asem. 

Dié misleidende bewering is selfs deur die vorige Tanzaniese president en ’n Suid-Afrikaanse politieke party se jeugliga versprei.

’n Nuwe weergawe van die bewering in Afrikaans, toegeskryf aan “Dr Marisa Emeg”, is al baie keer in Suid-Afrika op Facebook geplaas.

Dit raai lesers aan: “U moet die virus doodmaak in die neus met stoom.” Dit beweer ook dat stoom teen verskillende temperature verskillende effekte sal hê.

Dit beweer veral: “teen 60°C is hierdie virus so swak dat enige menslike immuniteitstelsel daarteen kan veg. By 70°C sterf hierdie virus heeltemal”.

Maar wie is Dr Marisa Emeg, en is die raad enigsins beter as soortgelyke bewerings wat ons klaar vals bewys het?

Steam_False

Vertaling van ’n ouer inskrywing in baie tale vir maande baie keer gekopieer

Die naam “Dr Marisa Emeg” het ons gelei na ’n vroeër weergawe van die bewering wat in Engels geskryf is.

Dit is op 3 Januarie 2021 op Facebook geplaas, maar lyk of dit uit ’n gesprek op WhatsApp gekopieer is.

Die inskrywing begin so: “[12/29, 05:56] Dr Marisa Emeg:” Dit sou die formaat van die teks wees as dit uit ’n WhatsApp-boodskap gekopieer is wat teen 05:56 op 29 Desember ontvang is van ’n kontak wat op ’n foon gestoor is as “Dr Marisa Emeg”.

Dit lyk of die bewering oorspronklik op WhatsApp versprei is, maar dit beteken nie dat dit deur ’n dokter geskryf of selfs gedeel is nie. ’n Persoon kan kies om ’n kontak onder enige naam op hul selfoon of in WhatsApp te stoor, so die naam “Dr Marisa Emeg” kan ’n bynaam of skuilnaam wees – of iemand kon dit eenvoudig uitgedink het.

Africa Check kon geen bewyse op die internet vind van ’n persoon met die naam “Marisa Emeg” nie, dokter of te nie. 

’n Google-soektog het ons gelei na inligting dat dieselfde bewering, onder dieselfde naam – maar in Portugees geskryf en in April in Brasilië op WhatsApp versprei – vals bewys is. 

En selfs al bestaan Marisa Emeg regtig, het sy heel moontlik nie die oorspronklike boodskap geskryf nie. WhatsApp sluit nie waarskuwings in dat ’n boodskap met gekopieerde teks aangestuur is nie en wys ook nie wie die oorspronklike skrywer was nie. Dit dui die persoon wat die boodskap aangestuur het as die skrywer aan. Iemand met dié naam kon dus bloot die boodskap aangestuur het.

Dit lyk of die boodskap ’n kopie is van veel ouer valse inligting. Africa Check het amper identiese boodskappe gevind wat mense al vanaf 24 September 2020 inlig dat “jy hierdie virus met stoom in die neus moet doodmaak”. Hierdie inskrywings beweer ook dat die Sars-CoV-2-virus teen 60°C verswak word en teen 70°C verwoes word.

Op een of ander stadium is die boodskap in Afrikaans vertaal en het dit op Facebook verskyn in Mei 2021, ten minste sewe maande ná die bewering die eerste keer verskyn het.

Warm stoom kan beserings veroorsaak

Soos Africa Check en ander feitekontrole-organisasies al geskryf het, word Covid-19 nie deur die inaseming van stoom voorkom nie.

Ons het in die verlede gesê dat die inaseming van stoom wat so warm is soos 70°C gevaarlik is en ernstige brandwonde kan veroorsaak. Tsumoru Shintake, ’n professor by die Okinawa Institute of Science and Technology in Japan, het ons gewaarsku dat temperature in die neusholte tussen 32ºC en 34°C varieer. As jy stoom inasem kan dit die epiteelselle in jou neus beskadig.

As jy die infeksie het, is die virus binne-in jou selle en kan dit nie deur stoom bereik word nie.

Oor die algemeen kan hitte nie die oordrag van die Sars-CoV-2-virus voorkom of Covid-19 genees nie. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het gewaarsku dat ’n warm bad, warm klimate en ander bronne van hitte nie oordrag voorkom nie.

Openbare gesondheidsowerhede, insluitend Suid-Afrika se departement van gesondheid, beveel voorkomende maatreëls aan soos om ’n gesigmasker van materiaal te dra, gereeld hande te was en ’n veilige fisieke afstand van ander mense te behou.

Republish our content for free

We believe that everyone needs the facts.

You can republish the text of this article free of charge, both online and in print. However, we ask that you pay attention to these simple guidelines. In a nutshell:

1. Do not include images, as in most cases we do not own the copyright.

2. Please do not edit the article.

3. Make sure you credit "Africa Check" in the byline and don't forget to mention that the article was originally published on africacheck.org.

For publishers: what to do if your post is rated false

A fact-checker has rated your Facebook or Instagram post as “false”, “altered”, “partly false” or “missing context”. This could have serious consequences. What do you do?

Click on our guide for the steps you should follow.

Publishers guide

Africa Check teams up with Facebook

Africa Check is a partner in Meta's third-party fact-checking programme to help stop the spread of false information on social media.

The content we rate as “false” will be downgraded on Facebook and Instagram. This means fewer people will see it.

You can also help identify false information on Facebook. This guide explains how.

Add new comment

Restricted HTML

  • Allowed HTML tags: <a href hreflang> <em> <strong> <cite> <blockquote cite> <code> <ul type> <ol start type> <li> <dl> <dt> <dd> <h2 id> <h3 id> <h4 id> <h5 id> <h6 id>
  • Lines and paragraphs break automatically.
  • Web page addresses and email addresses turn into links automatically.
limit: 600 characters

Want to keep reading our fact-checks?

We will never charge you for verified, reliable information. Help us keep it that way by supporting our work.

Become a newsletter subscriber

Support independent fact-checking in Africa.